Toe ek mooi en jonk was Klim ek daai berg na bo Om die wysemanne te hoor Van Asië en Persië die wereld oor

Wat is dit hierbinne My kop wil my siel toor Die kerk is te vermy Maar die Here binne in

Jare later verslete en verlate Hoor ek ’n diep man kom terplaatse Soek hom daar by die watergat En wat ek soek, is juis iets nat

Wat is dit hierbinne My kop wil my siel toor Die kerk is te vermy Maar die Here binne in

My wese sit en wag, die wyse man kom Met blik kitaar en rooivêlskoene aan Hy vertel ’n storie, en eks diep aangedaan Die andere dans dans dans, laat die stof so staan

Die liedjiemaker van die Kaap Is ’n filosoof

Jy hoef nie ver te soek Kyk om jou rond Ook onner die grond Die heelal energie is in alles in Daar’s wysheid al om ons heen

Kloof ’n stukkie hout En jy sien dit daar Onner die klip, en jy sien dit daar

Wat is dit hierbinne My kop wil my siel toor Die kerk is te vermy Maar die Here binne in

Ons het nie dieselle storie verstaan Ek hoor hy sê, Sê vir jouself, “Self!” “Trek jouself, nader aan jouself”

Dis wat jy kan beheer Kyk bietjie dieper in Daars ’n lewe wat gebeur

Dis wie jy is En andere dans dans dans, laat die stof so staan En dis hoe die lewe is

Sê vir jouself, “Self!” “Trek jouself, nader aan jouself”

Dis wat jy kan beheer Kyk bietjie dieper in Daars ’n lewe wat gebeur

Die man met blik kitaar, en rooivêlskoene aan