Na die stormreën sit op die stoep se trap En kyk die nag in om my heen, ruik so vars Die wêreld is diepnat, bome glimlag in die nag Alles alte pragtig en innie haak

Ek tel my seëninge een vir een een

Dinge gaan nie altyd gemaklik Maar tye soos nou, as jy sit en kyk Die heelal se energie is hier En is in alles Net soos ons ook maar…

As jy so sit en peins daaroor Hoe die maan vir jou knik En die bome glimlag in die nag Mooi denke kry jou deur die dag

’n Erdwurm, groot vette lummel kom aan Kyk ongelowig rond, wat nou gedaan Ek roep vir Adele, “Hier’s ’n glibberige wurm vir jou, ’n grote”

Sy sê van binne af: “Nie voor die kinners nie man” Ek sit hom in haar hand Sy biggel ’n traan en sê

“Ai, tog”

“Hoe help ek hom sy huis kry?”

Hoe help ek hom sy huis kry?

Dit was ’n mooi aand so innie nat van die reën

Dinge gaan nie altyd gemaklik Maar tye soos nou, as jy sit en kyk Die heelal se energie is hier En is in alles Net soos ons ook maar…

As jy oplet Hoe die maan vir jou knik En die bome glimlag in die nag Mooi denke kry jou deur die dag

’n Erdwurm, groot vette lummel kom aan Kyk ongelowig rond, wat nou gedaan Sy sê van binne af, nie voor die kinners nie man

Hoe help ek hom sy huis kry!

Dit was ’n mooi aand so innie nat van die reën

Hoe help ek hom sy huis kry?