Boetie se pa is brandarm Hy’t nie skoentjies Ook nie sokkies Darm is daar kossies

Sy sussetjie is klouerig Sonner hom, is daar nie lig Boetietjie is self nog ’n kind Maar oor haar voel hy diep verplig

En dis nou ons onnodig soetsappige liedjie Want ons kan. Kom, ons gaan aan

Hul sinkhuisie langs die spoor Lankal al, hul mammie verloor Pappie wil nie ’n lêlike woord, van haar hoor Sy nagte lank, die twak wil met sy kop toor

Ek tel my seëninge so een vir een

Kyk so om my heen, ek het meer My goed is duur, en my hart nie seer Ook nie bang vir die weer… Hy’t ’n hupstoot nodig om weer te probeer

Geld maak dit nie reg, hy’t ’n geleentheid nodig

Verleentheid het sy siel verwroeg Hy’t hoop nodig, om te aanhou swoeg Maar al drie van hulle, is lewensmoeg Aalmoese breek hul, menswaardigheid

Hul sinkhuisie langs die spoor Lankal al, hul mammie verloor Pappie wil nie ’n lêlike woord, van haar hoor Sy nagte lank, die twak wil met sy kop toor

Ek tel my seëninge so een vir een

Hoe help ek hom sy huis kry? geld maak dit nie reg

Wat nodig is, is ’n geleentheid

Aalmoese breek jou Menswaardigheid

Hy’t ’n hupstoot nodig, om weer te probeer

Hoe help ons hom sy huis kry?

Hulle het ’n hupstoot nodig Soos ons almal maar…

Hoe help ons hom, sy huis kry?

Hoe help ons hom, sy huis kry?