Gister was gister, né, maar vandag is vandag Party goed is buite ons beheer Ons moet ophou probeer Vrede is, gee aandag aan dit wat by jou is
Wysheid is nie net vir lanies met college Onse mense vat die lewe aan die hand Stap hom so aand na aand En kou hom so hand en tand
Tel jou seëninge een vir een
Gert het nie daai les kon leer Hy wil die heelal beheer Middernag sluip hy in, ligte af, kinners slaap Sy kop kap aan en hy’s in sy siel in, … moeg
Hoe help ek hom sy huis kry?
Hoe help ek hom sy huis kry?
Dit was ’n mooi aand Vir mense wat by hul familie was
Wysheid is nie net vir lanies met college Onse mense vat die lewe aan die hand Stap hom so aand na aand En kou hom so hand en tand
Hoe help ek hom sy huis kry?
Middernag sluip hy in, ligte af, kinners slaap Sy kop kap aan en hy’s in sy siel in, … moeg Gister was gister, né, maar vandag is vandag
Hoe help ek hom sy huis kry?