Standerd agt klas se reünie Sy kom stratêgies laat Almal kyk die nuwe BMW En die mooiste rok (Mooi silikon borsies)
Mevrou-dokter Van Staden!
(Ag man!) Sy was altyd Sarie van Potchefstroom. Watse “mevrou-dokter” is dit nou?
Moenie haar vlak vat nie Ek hoor sy vertel haar swaer is ’n ingeneur So spreek haar korrek aan “Mevrou-dokter Van Staden skoonsus van Meneer-ingeneur Van Staden van Potchefstoom”
Maar drie sjampanjes later Toe kom die Sarie wat ons ken terug En die dansbaan trek haar nader (Soos van ouds) En die skoene kom af (Soos van ouds) Hare los (Hare los) en daar val die high society, en almal sug (Van verligting) Gedog ons geliefde Sarie verloor Maar sy’s terug
“Was dit die drankies?” “Nee. Gawie, hyt vir haar gaan sê…” Sê vir jouself. “Self. Trek jouself nader aan jouself.”
Maar drie sjampanjes later Toe kom die Sarie wat ons ken terug En die dansbaan trek haar nader (Soos van ouds) En die skoene kom af (Soos van ouds) Hare los (Hare los) en daar val die high society, en almal sug (Van verligting) Gedog ons geliefde Sarie verloor Maar sy’s terug
Gedog ons geliefde Sarie verloor Maar sy’s terug (Sarie is weer mens) (Sy’s terug) (Sy’s terug)