Papsopnat

Dit was ’n donker onweeraand Soomer drukkend dik Die besigheid doen nie goed Hulle sit en boeke doen, en naels kou

“Pappa ons is innie moeras in” “Ek weet my liefding. hoe lyk dit nou?”

“Ons het vyf honderd rand, in ons sak en bokkerol in die bank.”

Okay. Ek weet wat sal werk Ons luister Chuck se albums Dan kry ons ’n idee Ag nee, my goeie fo…, amper vloek ek, dis ’n stoepid parra idee man

Toe die reën neerstort En strate bevloed Met headphones op Dans die twee die pad af Papsopnat

En hul gaan eet ’n worsbroodjie En ’n bier, sit innie reën en lag Oor die foute hul gemaak Papsopnat

Laatnag by die huis Getrek en uitgelag Is hul lief vir mekaar en gerus Papsopnat

Die volgende oggend Kyk hul die son opkom Met mooier gemoed

Hul gees was gevoed

En net daar maak hul ander planne Uit daai diep groef gekom

Nuwe krag en gemoed om weer te probeer En sy kyk hom aan en glimlag (Papsopnat)

Papsopnat