Die reën het gaan lê, die tuin ruik skoon ’n Slakkie skuif waar die blare woon Hy los ’n silwer spoor waar hy gaan So stadig, maar hy hou net aan

Ek sit op die stoep, die oggend is jonk Êrens ’n voëltjie, ’n enkele klank En die dag was mooi, nes hy is, alleen

Ek tel my seëninge een vir een

Die son sak stadig, die dag word klaar Die slakkie in sirkels loop, spoor deurmekaar

Ag nee!

Hoe help ek hom sy huis kry?

Hoe help ek hom sy huis kry?

Die reën het gaan le, die tuin ruik skoon ’n Slakkie skuif waar die blare woon Hy los ’n silwer spoor waar hy gaan So stadig, maar hy hou net aan

Soos ons ook maar…

Dit was ’n snotterige dag hier in die tuin Daai doppie is nie ’n adres nie

Hoe help ek hom sy huis kry?