Het ’n brief van Fielomein van Yserfontein Haar seun se skoolhoof sê Hy het hulp nodig En sy voel ek is aandadig
Haar seun, Jan het by die skool vertel Hy verstaan elke ding in elke Chuck liedjie En dadelik stuur hul die arme kind Vir hulp
My agent van New York Skryf toe terug
Dis nie ons skuld nie Dis Afrikaans Dis nie ons skuld dat lipstick rym met dipstick Dat moerasparra pleit vir ’n grap Dat hoogsgeleerdheid lei tot eenoogheid En dat ’n taai troffel in Stoffel se pantoffel vassit Dis die taal wat met die kind se brein smokkel
Maar die rerige brol in die drinkwater is mense wat wonner oor kasaterwater slegs omdat dit vir ’n rympie pleit
Ter korte mette, Mevrou Fielomein van Yserfontein Dis nie ons nie Dis die taal Dis nie ons nie Dis die taal
Is Jan. Hy’s slim soos ’n slang, hy’t jul met ’n slap riem gevang, want hy kan
U ewe Kloosterkoek Marieka van Amerieka
Enige een wat sê hul verstaan elke Chuck liedjie het hulp nodig, dis waar En ons ook, wil steeds weet as brandewyn kaptein is wies baas