Die lewe loop soos hy wil Daar’s mooi, ons moet net kyk En as jy dit kry Sal dit jou siel verryk
Dan slowdans jy met jouself
Sê vir jouself, “Self!” “Trek jouself, nader aan jouself”
Dit wat jy kan beheer Is binne-in, en dis wie jy is
Kyk mooi, na wat rerig saakmaak
Die lewe en natuur loop dit se eie pad Partymaal, ’n gatslag
En dis wanner ons leer Om vir onsself te lag
Sê vir jouself, “Self!” “Trek jouself, nader aan jouself”
Dit wat jy kan beheer Is binne-in, en dis wie jy is
Die weer doen sy ding Ons verkies domdonners Ons is mos nie slim Die ekenomie neuk voort Dinge wat ons nie kan beheer
Dans met jouself
Sê vir jouself, “Self!” “Trek jouself, nader aan jouself”
Dit wat jy kan beheer Is binne-in, en is wie jy i
Die lewe loop soos hy wil Daar’s mooi, ons moet net kyk En as jy dit kry Sal dit jou siel verryk
Partymaal, ’n gatslag En dis dan wanneer Ons leer Om vir onsself te lag
En so leer ons dans
Sê vir jouself, “Self!” “Trek jouself, nader aan jouself”
Kyk mooi na wat rerig saak maak Dit wat jy kan beheer Is binne-in
En dis wie jy is
En so leer ons die lewe dans En so leer ons die lewe dans