Daars ’n sopkombuis vir die siel Mense kom om heel te word Hul gee kos vir die self

Hul bedien grapppe en musiek Vir jouself lag, en lipstick Humorsin en karaoke sing Avontuur en sommer net laf wees Kaalvoet dans en tiekiedraai Blomme ruik en akkedisse kyk Maar nie eers ’n toebroodjie nie

Buite die deur is a handgeverfde kennisgewing Daar staan. Sê vir jouself, “Self. Trek jouself nader aan jouself.” En binne is mense van oral kom heinde en ver

Hul bedien grapppe en musiek Vir jouself lag, en lipstick Humorsin en karaoke sing Avontuur en sommer net laf wees Kaalvoet dans en tiekiedraai Blomme ruik en akkedisse kyk Maar nie eers ’n toebroodjie nie

As jy voel jy moet iets wees, wees jouself Die lewe is nie rugby nie, jy speel nie ’n posisie nie Die lewe is nie ’n movie, jy speel nie ’n rol nie Die lewe is jy. Wat hier is. Om jy te wees Wees jou eie self

Vir jouself lag, en lipstick Humorsin en karaoke sing Avontuur en sommer net laf wees Blomme ruik en akkedisse kyk Wees jou eie self