Gerhardus, het ’n movie gekyk Goeie idee vir ’n besigheid “Gerrie se Tuindiens,” was sy wysheid En die ou tannies vertel wyd en suid
Sy broek sit styf Vest wys sy spiere Knoppe in die onnerlyf Ou tannies bloos mooi kleure
En hul tel hul seëninge so een vir een
Grassny word ’n vertoning Swembad skoonmaak Die antie sonbrand Dis haar verskoning
Sy broek sit styf Vest wys sy spiere Knoppe in die onnerlyf Ou tannies bloos mooi kleure
Dit was a mooi dag so innie tuin
Gerrie het in tannie Sarie Van die pastorie se wip geval En dominee het hom gevang Hy’t geweet van die grassnyer werk Maar nie van die naaimasjien langs die kerk
Pimpel en pers, oge geswel Hoe help ek hom sy huis kry
Sy broek sit styf Vest wys sy spiere Knoppe in die onnerlyf Ou tannies bloos mooi kleure
Dit was a mooi dag so innie tuin
Maar hy kannie uit sy oë sien Ai, daai oë…
Grassny word ’n vertoning Swembad skoonmaak Die antie sonbrand Dis haar verskoning
Hy’t in tannie se wip geval En dominee het hom gevang Hy’t geweet van die grassnyer werk Maar nie van die naaimasjien langs die kerk
Pimpel en pers, oge geswel Die lewe gaan soos dit gaan En dis sy eie mooi
Hoe help ek hom sy huis kry?
“Gerrie se Tuindiens” was sy wysheid En die ou tannies vertel wyd en suid Maar hy kannie uit sy oë sien Hoe help ek hom sy huis kry?