Moerdyk, het Merika gaan boer Want hier is dinge swaar Vooruitgang sloer Al’s wat hul adverteer is nie waar
Hy mis Sarie se vetkoek Hy mis haar koffie roep Hy mis saamsit oppie stoep
Dinge hy’t nie geweet so waardeer
Die gras is nie altyd groener Aan die ander kant Maar jy moet wei waar jy kan eet
Hul sê dis patrioties om te bly Maar die land se wegraak geld Is nie eers in die land nie
Ek sê vir die land, “Land. Trek jouself, nader aan jouself”
Innie sneeu in boer hy nou Vir ’n Merikaans familie Daars nie pap, is vir die diere Die heerlikste mielies
Moerdyk mis sy kos Hulle braai mos weense worsies (Ek sweer dis waar) Die chips is klein en droog Hy mis ook Sarie se hand têrtjie
Die gras is nie altyd groener Aan die ander kant Maar jy moet wei, waar jy kan eet
Hul sê dis patrioties om te bly Maar die land se wegraak geld Is nie eers, in die land nie
Ek sê vir die land, “Land. Trek jouself, nader aan jouself”
Sy praat hom moed in Facetime is al wat hul het Sy sê, Pappa, byt vas
Sê vir jouself, “Self. Trek jouself, nader aan jouself” Hy mis vir Sarie (En lekker eet)
Moerdyk, het in Merika gaan boer Want hier is dinge swaar Vooruitgang sloer Alles wat hul adverteer, is nie waar
Hy mis Sarie se vetkoek Hy mis haar koffie roep Hy mis saamsit oppie stoep
Dinge hy’t nie geweet, so waardeer
Sy praat hom moed in Facetime is al wat hul het Sy sê Pappa. Byt vas. Ek hou my vet koekie warm, moenie worry oor my nie
Sê vir jouself, “Self. Trek jouself, nader aan jouself” Is wat jy kan beheer
Is wat jy kan beheer