Wie weet (Wie weet) Net hy, en die wind wat sing

Die wolkie vorm op die horison Heel alleen, hy is sy eie ding Waar is hy oppad heen, wie weet — Net hy, en die wind wat sing

Waar kom hy vandaan, wie weet — Net hy, en die wind wat sing

Pak sy tas, opgedres met ’n das Gly hy nader, skadu oor die gras Pak sy tas, opgedres met ’n das Net ’n wolkie, op pad iewers

Ek lê hier op my rug in die gras Onder die groot, blou lug Hy maak hom tuis, so ver en wyd So onskuldig, sag en snoesig

Op my rug in die gras Onder die groot, blou lug

Pak sy tas, opgedres met ’n das Gly hy nader, skadu oor die gras Pak sy tas, opgedres met ’n das Net ’n wolkie, (Wolkie… wolkie) oppad waarheen

Wie weet… (Wie weet…) (Pak sy tas… opgedres met ’n das) Wie weet… wie weet… Net hy, en die wind wat sing

Pak sy tas, opgedres met ’n das Pak sy tas, opgedres met ’n das

Pak sy tas, opgedres met ’n das…

Wie weet… (Wie weet…) Net hy, en die wind wat sing